Op en WakkerOp en Wakker

‘Dan Sleigh se dood is soos 20 biblioteke wat afgebrand is’

View descriptionShare
Hy was een van die mees bekroonde skrywers ooit in Afrikaans, en ‘n wandelende ensiklopedie. Die skrywer en historikus, dr. Dan Sleigh, is Vrydag in die ouderdom van 83 jaar in sy huis in Kaapstad oorlede. Die uitgewer van sy laaste twee boeke, Hester Carstens, sê Sleigh se dood is soos 20 biblioteke wat afgebrand is. Hy is wêreldwyd gerespekteer as een van ‘n handjievol mense wat die 17e eeuse Nederlandse geskrifte van die destydse VOC kon lees en verstaan. Benwens sy talle letterkundige en ander plaaslike toekennings, is Dan Sleigh in 2012 met die koninklike Nederlandse onderskeiding, Ridder in die Orde van Oranje Nassau, vereer. Om met ons te gesels oor dié werklik merkwaardige mens, sluit professor Wium van Zyl, ‘n letterkundige en goeie vriend van Sleigh, en professor Matila Burden, kultuurhistorikus verbonde aan die Universiteit Stellenbosch en die Noordwes-Universiteit, by ons aan.
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

Op en Wakker

Op en Wakker is 'n ontbytprogram met al die inligting, vermaak en opheffende inhoud wat jy nodig het 
Social links
Recent clips
Browse 6,803 clip(s)