Elke Vrydag maak ons maalvleis van mites en fopnuus. Ons kyk na Covid, spesifiek na ’n wetenskaplike studie oor oortollige sterftes tydens die pandemie, wat teruggetrek is deur die joernaal wat dit gepubliseer het. Wat het skeefgeloop, en hoekom is dit belangrik vir mense in Suid-Afrika om daarvan kennis te neem? Ons praat hieroor met Gert van der Westhuizen, Netwerk24 se politieke redakteur.