Een van Suid-Afrika se grootste skrywers en digters, Breyten Breytenbach, is gister in die vroeë oggendure in die ouderdom van 85 in sy tuisstad, Parys in Frankryk, oorlede. Benewens sy skryfwerk en poësie, was Breytenbach ook ’n skilder, en het dikwels skerp, kultureel-politieke kommentaar gelewer. Ons praat met 'n vriend en kollega van Breytenbach, Antjie Krog.