Hoewel Suid-Afrikaners nie juis ’n tradisie het om op Sondae rugby te kyk nie, begin Curriebekerkoors stadig maar seker vlamvat. Die Boland Kavaliers draf Sondagmiddag teen die Suzuki Griekwas uit, en dit is maar een van ’n reeks Sondagwedstryde. Die Kavaliers het ’n slim plan beraam om te help sorg dat mense nie tussen die kerk en rugby hoef te kies nie. Trouens, as jy op Sondagmiddae rugby kyk, kan jy moontlik selfs ’n jaar se voorraad bier ook wen. Ons praat hieroor met Quintin van Rooyen, die uitvoerende hoof van die Boland Kavaliers.