Piksoene, vroegoggendstappies en gespanne stiltes het kykers laat regop sit wanneer die BOER SOEK 'N VROU-kameras op Boer Rudi H se plaas verfilm het. Die drie vroue wat hy gekies het om saam met hom plaas toe te gaan, het nie veel ooghare vir mekaar gehad nie. Rudi, wat met boerbokke by Windsorton boer, het egter vriend en vyand verras toe hy nie met sy gekose pasmaat, Lizelle, by die vakansie op Paternoster opgedaag het nie. Om ons van al die drama te vertel, kuier Boer Rudi saam met ons.