Suid-Afrika se skoonheid en koloniale geskiedenis het seker gemaak dat verskeie bloubloediges deur die eeue heen sterk bande met die land ontwikkel het. In ons reeks oor koninklikes en adellikes wat Suid-Afrika besoek het, en sommiges se nageslagte wat nog hier woon, gesels ons met Daniël Lötter, skrywer van die boek, BLOU BLOED: KONINKLIKE SPORE IN SUID-AFRIKA. Hy praat oor bloubloediges uit die Ooste wat ‘n belangrike stuk erfenis vir ons nagelaat het.