Landelike veiligheid gaan nie net oor meer polisie nie. Daar is al kameras, radiostelsels, hommeltuie en beheerkamers wat help om misdaad te voorkom en vinniger op voorvalle te reageer. Die vraag is egter hoe dié stelsels uitgebrei kan word. AgriSA doen nou ’n beroep op groter beleggings en samewerking tussen die staat, landbou, die privaatsektor en plaaslike gemeenskappe om landelike veiligheid te versterk. Ons praat hieroor met AgriSA se uitvoerende hoof, Johann Kotzé.