Op en WakkerOp en Wakker

Bek-en-klouseer: Hele nasionale beeskudde gaan ingeënt word

View descriptionShare
Die veebedryf staan op die drumpel van een van die grootste beleidsverskuiwings in dekades nadat John Steenhuisen, die landbouminister, ’n nuwe bekampingstrategie teen bek-en-klouseer aangekondig het. Vir die eerste keer sal die hele nasionale beeskudde ingeënt word. Dié skuif volg ná jare se verwoestende uitbrekings wat veeboere en die suiwelbedryf geruk het. Op die lyn is Dewald Olivier, uitvoerende hoof van Rooivleisbedryfsdienste, en Fanie Ferreira, uitvoerende hoof van die Melkprodusente-organisasie.
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

  1. Op en Wakker

    6,382 clip(s)

Op en Wakker

Op en Wakker is 'n ontbytprogram met al die inligting, vermaak en opheffende inhoud wat jy nodig het 
Social links
Recent clips
Browse 6,382 clip(s)