Op en WakkerOp en Wakker

Atoombomoorlewende deel herinneringe

View descriptionShare
Wêreldwyd word die atoombomaanvalle op Hirosjima en Nagasaki vandeesmaand 80 jaar gelede, herdenk. Hirosjima is die oggend van 6 Augustus 1945 aangeval en Nagasaki die oggend van 9 Augustus. Ons het twee bydraes uit die argief. Die eerste is van die BBC. Dit begin met die aankondiging, 80 jaar gelede, van die aanval op Hirosjima, en daarna deel Setsuko Thurlow, 'n oorlewende van die Hirosjima-aanval, haar herinneringe van daardie dag. Sy is vandag 93 jaar oud. In Japan is oorlewendes van die aanval dikwels gestigmatiseer, en daar word na hulle verwys as Hibakusha. Sue McGregor van die BBC het met Thurlow gesels.
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

Op en Wakker

Op en Wakker is 'n ontbytprogram met al die inligting, vermaak en opheffende inhoud wat jy nodig het 
Social links
Recent clips
Browse 6,762 clip(s)