Die musieklegende, Anton Goosen, is van vanaand af ’n eregas by die Willem Postma Musiekfees in Bloemfontein. Dié vader van Afrikaanse rock tree vir drie aande op as deel van die skool se 80ste bestaansjaarvieringe. Ander kunstenaars sluit in Jacobus Silwer, Cezanne Yzelle en die oud-Possies, Gerduan Kemp, Wiesner Hechter en Nikotien. Hulle word bygestaan deur ’n indrukwekkende massakoor en -orkes wat onder andere bestaan uit die Grey Primêre Skool se Boereorkes. Anton Goosen en Heinrich Lategan, die organiseerder van die Willem Postma Musiekfees, sluit by ons aan.