Humor op 'n Maandag het nog nooit enige skade aangerig nie, veral nie as daar gepraat word oor die grootste onafhanklike internasionale komediefees in Afrika nie. Komediant Alfred Adriaan het al die land plat getoer en ook oorsee sy staal gaan wys. Hy vertel waarom Suid-Afrikaners meer moet lag midde die krisisse wat ons beleef.