Op en WakkerOp en Wakker

Afrikaans en animasie: ’n nuwe era vir kinderstories

View descriptionShare
Afrikaans vier vanjaar sy 100ste bestaansjaar as amptelike taal – ’n trotse mylpaal wat onlangs feestelik herdenk is. Maar in ’n wêreld waar Bluey, Cocomelon en Peppa Pig die jongspan vasgenale hou, is daar verbasend min nuwe Afrikaanse kinderstories op die mark. Waarom bly ons agter, en hoe kan animasie help om ’n nuwe geslag Afrikaanse kinders te boei en die taal aan die lewe te hou? Ons praat met Diek Grobler, ’n bekroonde kunstenaar en animasiekenner wat al langer as 20 jaar stories op treffende, visuele maniere vertel. Hy glo animasie kan kinders se verbeelding en taalontwikkeling op unieke wyse stimuleer. Wat maak animasie so ’n effektiewe medium om Afrikaans aan jong kinders oor te dra en hulle taalvaardigheid te ontwikkel?
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

Op en Wakker

Op en Wakker is 'n ontbytprogram met al die inligting, vermaak en opheffende inhoud wat jy nodig het 
Social links
Recent clips
Browse 6,803 clip(s)