Die Afrikaanse Hoër seuns- en Meisieskool in Pretoria is vanjaar 'n 105 jaar oud, en het dit die afgelope week gevier met 'n optog deur die hoofstad. Die skool is het sy ontstaan gehad vyf jaar voor Afrikaans amptelike status as landstaal by die Unieregering van destyds gekry het. Ons praat met die skoolhoof van Afrikaans Hoër Seunskool, Peregrine Joynt.