Die 5de Globale Veranderings-klimaatkonferensie is tans in Bloemfontein aan die gang. Prof. Francois Engelbrecht van Wits se Global Change Institute is daar, en was self ook ‘n spreker. Ons praat hieroor en ook die suksesse wat met die beskerming van die osoonlaag bereik is, wat sedert 2000 aan die kleiner word is.