Ons kyk terug na hoe pres. Cyril Ramaphosa, sy adjunk, Paul Mashatile, en die regering van nasionale eenheid vanjaar gevaar het. Watter ministers het uitgestaan, wie het teleurgestel, en wat beteken dit vir 2026? Prof. Theo Venter, ’n politieke ontleder by die Noordwes-Universiteit se sakeskool, sluit nou by ons aan om die hoogtepunte en laagtepunte van die jaar te ontleed.