RSG se nuwe radiodramaseisoen skop vanaand af met nie minder nie as 14 Afrikaanse stories, wat wissel van familiegeheime en verlies tot humor, spanning en selfs kunsmatige intelligensie. Daar is bekende skrywers, bekende stemme én nuwe talent. Elke Donderdagaand wag daar ’n nuwe drama, en vanjaar is daar ook ’n paar besondere uitsendings soos Kanna hy kô hystoe van Adam Small. Ons praat hieroor met Estel de Beer, senior regisseur van drama en opvoedkunde by RSG.