Die wêreld gons oor die 14-jarige Vaibhav Suryavanshi nadat hy 101 lopies van net 38 balle in die Indiese Premierliga aangeken het. Dit maak hom nie net die jongste krieketspeler wat al ooit in professionele T-20-krieket die prestasie kon behaal nie, hy is ook nou die rekordhouer van die tweede vinnigste hondertal, van net 35 balle, naas Chris Gayle wat dit met 30 balle kon regkry. Wat is die voordele en die slaggate wat moontlik op die jong Vaibhav se loopbaan wag? Professor Pieter Kruger is 'n kliniese sielkundige en direkteur van die Noordwes-Universiteit se Sentrum vir Gesondheid en Menslike prestasie. Hy werk al jare lank met top Formule 1-renjaers en van die wêreld se beste sokkerspelers, rugbyspelers en atlete.