Johan van Lill praat met dr. Juané van der Merwe-Mocke, adjunkbestuurshoof en hoof van regsdienste by FEDSAS, oor die eerste jaar van die BELA-wet. Wat beteken die wet in die praktyk vir skole? Watter knelpunte het die afgelope jaar na vore gekom? Hoe het die nuwe regulasies oor taal, toelating en kapasiteit die werklikheid in klaskamers en beheerliggame beïnvloed?