Hoofregter Mogoeng Mogoeng word oor die vingers getik weens sy politieke standpunte; die felheid van 'n onlangse vlaag plaasaanvalle skok en ontstel en die twis tussen die taxibedryf en die minister van Vervoer bereik 'n nuwe hoogtepunt.