



Monitor: R6 miljard vloei onwettig uit SA weens swak regulasies en beheermaatreëls
29 September 2026: Politieke partye is diep bekommerd oor die voortgesette massaskietvoorvalle. Ons verduidelik hoe die kandidatelys-fiasko die ANC duur te staan kan kom in die Mangaung-metro. 'n Beraamde R6 miljard vloei onwettig uit Suid Afrika weens swak finansiële regulasies en beheermaatreëls …

Monitor: 27 Dood in naweek van ongebreidelde misdaad
28 September 2026: 'n Naweek van ongebreidelde misdaad landwyd eis minstens 27 lewens. 'n Nuwe databasis van sowat vier miljoen slawe in voormalige Britse kolonies - ook Suid-Afrika - word aanlyn bekendgestel. Action SA stel sy verkiesingsmanifes bekend.

Monitor: Bek-en-klouseer steek kop uit in Namibië
25 September 2026: 164 Suid-Afrikaners is reeds vanjaar in 38 voorvalle van massaskietery dood. Die One Billion Rising South Africa-organisasie betoog teen vrouemoorde in Kaapstad. Bek-en-klouseer steek kop uit in die Kharas-streek in Namibië.

Monitor: Trump oorweeg verbod op Amerikaanse dieseluitvoere
24 September 2026: Die Reserwebank sê sy besluit om die repokoers met 25 basispunte te verhoog, is 'n voorsorgmaatreël teen prysskokke. Die polisie in KwaZulu-Natal sal met inwoners van die Ziko-gebied praat om die skuldiges in die moord op elf mense by 'n partytjie op te spoor. Ons bekyk ons erfen…

Monitor: Styging in rentekoerse in die vooruitsig
23 September 2026: 'n Verhoging in die repokoers blyk onafwendbaar te wees. Bela-Bela se inwoners stig 'n politieke party vir die plaaslike verkiesing. 'n Kaapse prokureur vra vir 'n nasionale kode vir skolerugbywerwing.

Monitor: 'n Algehele verbod op drink en bestuur dalk binnekort werklikheid
22 September 2026: Die departement van vervoer is vasberade om 'n algehele verbod op dronkbestuur in te stel. Meer gegoede skole in Gauteng sukkel om kop bo water te hou nadat leerlingsubsidies aansienlik besnoei is. Die Oos-Kaapse hooggeregshof las dat Intercape wel passasiers by die Ncgobo Polisi…

Monitor: Drie ondervra oor Oos-Rand-moorde
21 September 2026: Drie mense word ondervra in verband met die moord op nege vroue aan die Oos-Rand. Die uitbreking van a-pokke plaas die kollig weer op die belangrikheid van inentings. President Donald Trump straf mediahuise, wat volgens hom, fopnuus versprei.

Monitor: Verskerpte optrede ná negende liggaam aan Oos-Rand gevind is
18 September 2026: Verskerpte optrede van die polisie nadat 'n negende liggaam van 'n vrou aan die Oos-Rand gevind is. Reaksie op die VSA se jongste visumbeperkings en dreigemente van verdere sanksies deur die Amerikaanse ambassadeur. 'n Vlak 6-waarskuwing vir swaar, ontwrigtende reën langs die Kwa…

Monitor: Meer as 5 000 plaaslike regering-verkiesingskandidate gediskwalifiseer
17 September 2026: Die OVK sê meer as 5 000 kandidate vir die plaaslike regeringsverkiesings is gediskwalifiseer. Mense word gewaarsku om nie vals inligting oor 'n sogenaamde Kemptonpark-reeksmoordenaar te versprei nie. Die Nasionale Skuilingsbeweging sê hulle kan nie slagoffers van geslagsgeweld e…

Monitor: Beloning van R400 00 uitgeloof vir inligting oor Oos-Rand-moorde
16 September 2026: Kenners sê die polisie moes beter kommunikeer nadat die eerste liggame aan die Oos-Rand gevind is. Uitspraak waarskynlik vanoggend gelewer in die ANC se saak teen die OVK. Ondanks 'n mediaverklaring, wonder Suid-Afrikaners hoekom adjunkpresident Paul Mashatile so lank uit die ope…