



Monitor 12 Januarie 2026
'n Oranje Vlak 9-waarskuwing vir aanhoudende swaar reën in die verre noordooste van die land. Berigte van hewige bloedvergieting in Iran, met ‘n dreigement van Amerika dat hulle sal inspring. Kritiek op Suid-Afrika se vlootoefening in Simonstad saam met Iran en Rusland.

Monitor 9 Januarie 2026
Die Kouga-munisipaliteit in die Oos-Kaap waarsku inwoners van die Zwartenbosch-gebied om hulle huise onmiddellik te ontruim weens onbeheerde brande. Die hof se tersydestelling van 'n tender vir 'n nuwe rybewys-kaartmasjien, word verwelkom. Die dreigement van 'n komende oorlog in Europa word ernstig…

Monitor 8 Januarie 2026
Hoe sal die VSA se oorname van Groenland die geopolitiek verander? Brande in die Mosselbaai-omgewing veroorsaak groot skade. Die EFF versoek dat studenteskuld afgeskryf word - OUTA reageer op dié voorstel.

Monitor 7 Januarie 2026
Daar moet nog plek gevind word vir sowat 5 000 graad 1- en 8-leerders by skole in Gauteng. 'n Twis oor Suid-Afrika se beleid oor Amerika se aanval op Venezuela ontwikkel tussen die ANC en die Vryheidsfront Plus. Dele van Johannesburg sit sonder water weens herstelwerk wat gedoen word.

Monitor 6 Januarie 2026
Suid-Afrika veroordeel die VSA se optrede in Venezuela - ons praat met 'n politieke ontleder. Gift of the Givers help met watervoorsiening in die Klein Karoo. 'n Groot daling in brandstofpryse om middernag, maar ekonome is bekommerd oor die sterk rand se impak op uitvoere.

Monitor 5 Januarie 2025
Die Verenigde Nasies hou vandag 'n noodvergadering oor Amerika se aanval op Venezuela. Brandstofpryse daal vandeesweek. Twintigduisend mense word by die Kaapse karnaval in Groenpunt verwag.

Monitor 2 Januarie 2025
Met verkiesings op hande, is politieke partye dit eens dat 2026 'n beslissende jaar vir demokratiese toesig en plaaslike regering in Suid-Afrika sal wees. Nooddienste in Nelson Mandelabaai is op hoë gereedheid te midde van die voortslepende brandgevare. Uitspraak in die Phala Phala-saak wat reeds i…

Monitor 1 Januarie 2026
President Cyril Ramaphosa lewer sy Nuwejaarsboodskap aan die land. Suid-Afrika se begrotingstekort styg met meer as R14 miljard - ons praat met ’n ekonoom. Die drama oor die Tweedenuwejaar-Klopseparade in Kaapstad verdiep.

Monitor 31 Desember 2025
Die ANC het vanjaar 'n reeks wysigings aan sy grondwet voorgestel - ons sit dit uit een. Die Madlanga-kommissie hervat weer in Januarie - ons neem die getuienis tot dusver in oënskou. Die nuwe jaar is om die draai en die land se paaie gaan weer besig raak - ons praat met die verkeersowerhede.

Monitor 30 Desember 2025
Moontlike brandstofprysverligting vir motoriste in die nuwe jaar. Vakbonde is onsteld oor die groot getal onderwysers wat glo betrokke is by die jongste matriekbedrog. Bafana Bafana het die uitklopfase van AFCON bereik - waar kan ‘n verdere verbetering in spelpeil vandaan kom?