

Monitor: Wat is Trump se doel met opskorting van Rusland-sanksies?
19 Oktober 2026: November se SASSA-uitbetalings gaan vroeër plaasvind. Net vyf van die Ekurhuleni-metro se 37 swembaddens in 'n werkende toestand. Wat voer president Trump in die mou met die opskorting van sanksies teen Rusland?

Monitor: Nóg ’n skerp styging in brandstofprys?
16 Oktober 2026: Die OVK sê hy sal die Konstitusionele Hof se bevel oor kandidaatlyste uitvoer. Nog 'n skerp styging in die brandstofprys voorspel. Miljoene Suid-Afrikaners ly honger, maar wat doen die regering aan dié probleem? Ons praat met die Minister van Landbou, Willie Aucamp.

Monitor: PAGAD se herverskyning op die Kaapse Vlakte
15 Oktober 2026: 'n Verdagte sal na verwagting vandag in die hof verskyn in verband met die skietery in Katlehong aan die Oos-Rand wat die lewens van vier lede van die ANC-jeugliga geëis het. Ons praat met die polisie se voormalige misdaadintelligensie-operateur, David Africa, oor die herverskyning…

Monitor: Nasionale Verbruikerskommissie onder skoot oor telebemarkerriglyne
14 Oktober 2026: Die Nasionale Verbruikerskommissie se riglyne om telebemarkers te beheer, kom onder skoot. Die regering se pogings om met landsburgers te kommunikeer word dikwels deur waninligting gefrustreer - ons praat met 'n adjunk direkteur-generaal van die regering se kommunikasie-en-inligtin…

Monitor: Tshwane-burgemeester sê stad se finansiële situasie is omgekeer
13 Oktober 2026: Tshwane se burgemeester beweer dat die stad sy finansiële situasie omgekeer het. Die adjunk nasionale polisiekommisaris se bedanking behoort nie die einde van verantwoordbaarheid te wees nie, sê die parlementere polisiekomitee. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof hoor aansoeke aan deur di…

Monitor: Matrieks begin met hulle finale eksamen
12 Oktober 2026: Meer as 'n miljoen matrikulante sal van vandeesweek af in die finale eksamen pen op papier sit. Asielaansoeke deur buitelanders sal na verwagting van 10 November af weer verwerk word. Spanning laai op binne die Regering van Nasionale Eenheid oor die ANC se hantering van betrekkinge…

Monitor: Gewelddadige onluste teen migrante in talle stede
9 Oktober 2026: Gewelddadige onluste teen migrante breek uit in Durban, Gqeberha en Soweto in Johannesburg. Druk uit talle oorde vir 'n brandstofprysverliging - ons praat met 'n ekonoom oor wat die regering kan doen. In Geestesgesondheidsmaand val die fokus vandag op aandagafleibaarheid-hiperaktiwi…

Monitor: Ian Cameron gaan identiteit van seksuele oortreders bekendmaak
8 Oktober 2026: Die voorsitter van die polisieportefeuje-komitee, Ian Cameron, gaan sélf die identiteite van seksuele oortreders bekendmaak. Volgens 'n Konstitusionele hof-beslissing mag niemand weggewys word wat om asiel wil aansoek doen nie, maar hoe strook dit met ongedokumenteerde buitelanders …

Monitor: Plaasmoord in Noordwes wyd veroordeel
7 Oktober 2026: 'n Plaasmoord naby Ottosdal in Noordwes word wyd veroordeel. Die Dierebeskermingsvereniging lê misdaadklagte teen polisiebeamptes betrokke by die dood van die polisiehond, Sky. Hoe baat die onwettige brandstofbedryf by die hoë brandstofprys? Ons praat met 'n kenner oor brandstofskel…

Monitor: Pleidooie vir brandstofprysverligting
6 Oktober 2026: Met hemelhoë brandstofprysverhogings vanaf middernag, rig politieke partye en vakbonde 'n dringende versoek vir prysverligting. Kommer oor 'n ten-alle-koste-wen mentaliteit in skolesport. 'n Groot internasionale toekenning vir die Suid-Afrikaanse kunstenaar Zanele Muholi.