



Leefwêreld van die gestremde: Gehoorbewusmakingsmaand; Wanda Bam
6 September 2026: September word gewy aan bewusmaking en interaksie met mense wat leef met gehooruitdagings. Wanda Bam, ’n skrywer en lewensafrigter, vertel van persoonlike trauma, hoe sy dit verwerk het, en deel idees oor geestesgesondheid en selfdissipline.

Leefwêreld van die gestremde: Innovation for the Blind vier 145 jaar
30 Augustus 2026: Innovation for the Blind vier vanjaar sy 145ste bestaansjaar! Stephne Botha vertel hoe dié organisasie steeds relevant bly. ’n Luisteraar vra: Hoe kan ek seker maak dat ek nie aan die beginstadium van demensie is nie?

Leefwêreld van die gestremde: Christelle Taute se pad met MS
23 Augustus 2026: Ons besoek die leefwêreld van Christelle Taute, wat al vir 29 jaar saamleef met meervoudige sklerose. ‘n Onderwyseres van TransOranje Skool vir Dowes vertel van die eerste skool wat jare gelede in die noorde vir kinders met doofheid begin is.

Leefwêreld van die gestremde: Fasiliteit om gestremdes met vakmanmvaardighede te help
16 Augustus 2026: ‘n Ruimtefasiliteit (immersive room) is ‘n waardevolle apparaat om mense met gestremdhede met vakmanvaardighede te help. Het jy geweet kinders van so jonk as 2 jaar oud is al met Alzheimers gediagnoseer? Dis ‘n rare verskysel, maar geestesongesteldhede is ‘n hoogs komplekse toesta…

Leefwêreld van die gestremde: Marinda se pad met Alzheimers
9 Augustus 2026: Is daar beperkings op die gebruik van kontaklense? Kan oogoefeninge kinders se sig verbeter? Sy is 16 jaar gelede met Alzheimers gediagnoseer. Sy bly op haar eie, en maak self belangrike besluite. Sy gesels oor uitsluiting en haar daaglikse breinoefeninge. Sy staan net bekend as Ma…

Leefwêreld van die gestremde: Die emosionele kant van gestremdheid; Die lewe ná amputasie
2 Augustus 2026: Hoe hanteer mens die emosionele kant van gestremdheid? Gehoorverlies, hoe gering ookal, beïnvloed hoe ons onsself laat geld. Ons kry praktiese raad oor hoe om selfgeldend op te tree. Die 63 jarige Mark Harris bevind homself in ‘n rolstoel ná amputering van altwee sy bene a.g.v. dia…

Leefwêreld van die gestremde: Meervoudige Sklerose; Overberg Tehuis, Riviersonderend
26 Julie 2026: Is dit ’n goeie idee om jou werkgewer in te lig oor ’n diagnose van Meervoudige Skelrose, en wanneer is dit ’n goeie tyd indien dit nodig word? Hulp aan ouerwordende mense is ’n liefdestaak. Dís die siening van personeel by Overberg Tehuis op Riviersonderend. Hulp word met deernis ge…

Leefwêreld van die gestremde: Meervoudige sklerose; Gestremdes en geloofsgemeenskappe
19 Julie 2026: Ons beantwoord luisteraars se vrae oor meervoudige sklerose, soos watbedoel word met MS-uitputting en “brain-fog”. ‘n Spesiale Sondag vir persone met gestremdhede word in Augustus gehou. Die doel is om gestremdes bewustelik deel te maak in kerke en geloofsplekke. Die tema vanjaar fok…

Leefwêreld van die gestremde: Psigososiale gestremdhede; Hulporganisasie in S-Kaap vir kinders met spesiale uitdagings
12 Julie 2026: Die impak van psigososiale gestremdhede op die persoon en sy naasbestaandes en vriende. Binah is ‘n Hebreeuse woord, wat “verstaan” beteken. Dit is die naam van ’n hulporganisasie in die Suid-Kaap vir kinders met spesiale uitdagings. Dis terapie vir die inwoners, en ‘n veilige woon- …

Leefwêreld van die gestremde: Psigososiale gestremdhede
5 Julie 2026: Psigososiale gestremdhede het nie net ‘n invloed op die persoon nie, maar ook op kollegas, familie en vriende. Die simptome is baie algemeen, dus is ‘n deeglike diagnose noodsaaklik om die betrokkenes beter te kan ondersteun. Tony Williams is al vir 42 jaar ‘n rolstoelgebruiker ná ‘n…