Om dowe of gehoorgestremde kinders te leer praat, is ‘n groot taak. Ons hoor hoe dié taak gedoen word by die Carel du Toit Sentrum. Dis byna Kersfees, en ons hoor van ‘n kersfeespoeding-resep, wat 60 jaar later steeds gebak en geniet word om fondse in te samel vir kwesbare kinders en kinders met gestremdhede.