Haar kookboeke is só gewild, die verkope daarvan het in 'n stadium die gewilde Kook en Geniet verbygesteek. Die voedselwetenskaplike, sjef en entrepreneur, Annelien Pienaar, se eerste kookboek, Boerekos met ’n Twist, is al sewe keer herdruk, en kenners meen haar boek oor vleis is nie net 'n resepteboek nie, maar ook 'n ensiklopedie oor vleis. Pieter Steyn het land en sand met Annelien gepraat op haar plaas naby Hartbeespoort oor kos, die wetenskap van kook en bak, en haar groot Facebook-groep waar sy byna dag en nag raad gee en vrae antwoord.