Donnalee Roberts en Ivan Botha is een van Afrikaans se mees geliefde akteurspaartjies. Binnekort kan kykers die tweede seisoen van hulle gewilde dramareeks, EEN KEER OM DIE SON, op kykNET volg. Ivan en Donnalee het land en sand met Pieter Steyn gesels oor die reeks. Ivan vertel hoe ’n rugbybesering tot sy loopbaan as akteur gelei het, hulle tyd saam in 7DE LAAN, hulle egskeidings en hulle kinders.