30 September 2026: Teater het die vermoë om ons stil te maak, wakker te skud en soms selfs ongemaklik naby aan die waarheid te bring. Dit vat stories wat ons dink ons ken — stories oor identiteit, pyn, gemeenskap, geweld, trauma en oorlewing — en sit dit reg voor ons neer, onder die ligte van ’n verhoog. Ons gesels met Carlo Daniels oor Eugene, ’n rou en poëtiese teaterstuk, gegrond op Kirby van der Merwe se bekroonde roman. Ons gesels ook met Miché van Wyk, die skrywer van Wie call die shots? — ’n nuwe produksie wat fokus op vuurwapengeweld en die impak daarvan op gemeenskappe en kinders.