Kompas: Tienerliefde

 
25 November 2026: Dis die eerste keer dat jou hart so vinnig klop. Die foon lui, en dis hy. Of sy. Jy voel jy kan vlieg. Maar wat as daardie liefde skielik beteken jy moet jou wagwoord deel, jou ligging aansit en verduidelik met wie jy gepraat het? Tienerliefde kan stormagtig wees. Deesdae speel sosiale media, flieks en ’n eindelose keuse van profiele ’n groot rol in hoe tieners liefde sien, en nie altyd op ’n gesonde manier nie. Monique Mostert is ’n kliniese sielkundige wat hierdie moeilike sielkunde in gewone taal verduidelik.

In 1 playlist(s)

Kompas

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersieni… 

Social links