Wilma Paulse is 'n voormalige joernalis en skrywer van die boek, Blikkies Vol Stories. Sy werk tans as ’n taalversorger, skryf steeds en is betrokke by verskeie Afrikaanse taalgerige boekprojekte in 'n poging om veral die Oranjerivier-Afrikaans vas te lê. Sy is 'n lid van die FF's toe die groep tydens Covid gestig is, en het ook bygedra tot die twee resepteboeke en tydskrif wat deur die groep uitgegee is. Sy is 'n kranige sjef en hou van die kombuis. Sy dink sy het haar nou amptelik bekwaam as 'n volwaardige koesister-antie.