Dr. Arien van der Merwe is 'n mediese dokter en spreker, en het 18 boeke oor gesondheid en welstand geskryf. Sy glo dat 'n holistiese benadering, insluitend moderne medisyne en natuurlike genesing, help om die oorsaak van siekte aan te spreek en nie bloot simptome behandel nie. Metaboliese sindroom raak al hoe meer mense, en die gevaar is dat jy dit vir ’n lang tyd kan hê sonder om noodwendig siek te voel. Sy verduidelik wat metaboliese sindroom is, hoe ons dit kan herken, en waarom dit belangrik is om vroeg aandag daaraan te gee.