Epilepsie is een van die mees algemene neurologiese toestande, tog is dit iets waaroor daar steeds baie misverstande en onnodige stigma bestaan. Vir duisende Suid-Afrikaners is epilepsie deel van die alledaagse lewe. Ons praat met dr. James Butler, ‘n spesialisneuroloog en uitvoerende raadslid van die Neurologiese Vereniging van Suid-Afrika, oor wat epilepsie behels, hoe dit mense raak, en hoekom kennis en begrip ’n lewensbelangrike verskil kan maak.