Wanneer jy kos koop, kyk jy waarskynlik eerste na die prys, dalk na die voedingswaarde, of sommer net na die prentjie op die verpakking. Maar daardie etiket bevat belangrike inligting wat jou kan help om kos veiliger te hanteer, beter keuses te maak en onnodige vermorsing te voorkom. Ons praat met Annelien Pienaar, ‘n voedselwetenskapdosent en skrywer, oor die inligting op voedseletikette wat maklik misgekyk word. Hoekom is dit belangrik om bestanddele te lees, selfs wanneer jy ’n produk al voorheen gekoop het? En watter waarskuwings moet jy nooit ignoreer nie? Want die klein skrif op jou kosverpakking kan ’n groot verskil maak aan hoe jy jou kos gebruik, bêre en veilig geniet.



