Wat is Funksionele neurologiese versteuring? (Deel 2)

 
Funksionele neurologiese versteuring (FND) kan met verskillende neurologiese simptome gepaardgaan, en ’n groot invloed op iemand se daaglikse lewe hê. ‘n Diagnose kan baie vrae en onsekerheid bring, maar dit hoef nie te beteken dat jou doelwitte en drome tot ’n einde kom nie. Catherine Lombard is in Junie 2026 met FND en Ehlers-Danlos-sindroom gediagnoseer, en sy is nou op ’n pad van rehabilitasie en aanpassing. Sy het ook besluit om haar ervaring te gebruik om meer bewustheid oor FND te skep, met ’n baie besondere doelwit voor haar - om in 2027 die Midmarmyl te swem. Sy praat oor die pad vorentoe, en wat sy hoop haar verhaal vir ander kan beteken.