‘n Spens is dikwels die plek waar kos beland wat ons nie dadelik gaan gebruik nie, soos meel, rys, pasta, blikkies, speserye, neute en allerhande bakbestanddele. ’n Produk wat droog en verpak lyk, is nie noodwendig immuun teen bederf nie. Annelien Pienaar, voedselwetenskapdosent en skrywer, help ons om die spens met nuwe oë te bekyk. Hoe voorkom jy kosmotte en ander goggas? Hoe bêre jy droë produkte behoorlik? En hoe weet jy wanneer ’n produk wat al ’n rukkie in die kas staan, eerder weggegooi moet word?