Wanneer ’n ouer persoon alleen woon, is dit maklik om te dink dat wanneer ’n selfoon of ’n paniekknoppie naby is, alles onder beheer is. Wat gebeur wanneer daardie knoppie gedruk word? Wie ontvang die sein? Wie weet wie die persoon is? Wie sorg dat die regte hulp daar uitkom? Hennie Joubert is die stigter en besturende direkteur van Call4Care, ook bekend as EQiGate, en werk al jare met nood- en sorgkoördinering vir ouer mense.