Party mense vertel stories. Ander leef hulle eers hulle stories voordat hulle dit vertel. Hy is bekend vir die manier waarop hy mense se verhale met deernis en nuuskierigheid vertel. Of dit nou op televisie, in boeke of op die verhoog is – sy liefde vir stories en vir Suid-Afrika se mense loop soos ’n goue draad deur alles wat hy aanpak. Ons skuif die kollig weg Erns Grundling se werk, na hom as mens.