Vir baie jong dansers bly ’n internasionale balletgeleentheid net ’n droom. Maar vir die 16-jarige Dez-Leigh Lewis van Gqeberha het dit onlangs werklikheid geword toe sy as een van net drie Suid-Afrikaanse ballerinas aan ’n gesogte internasionale ballet-intensief deelgeneem het in Washington DC. Sy is nou terug in Suid-Afrika, ryker aan ervaring en inspirasie, en ons hoor hoe dié reis haar as danser én as mens gevorm het.