Deel 2: Eloise Cupido gesels elke week met ‘n Suid-Afrikaner wat uitblink. Govan Whittles is ‘n gesoute ondersoekende joernalis wat al jare lank die stories vertel wat ander probeer wegsteek. Met sy jongste dokumentêre reeks, GOVAN ONTBLOOT op kykNET, grawe hy nóg dieper, en bring hy komplekse, dikwels ontstellende waarhede na die lig met die deernis, vasberadenheid en geloofwaardigheid waarvoor hy bekend is.