Deel 1: Soms begin groot verandering nie met ’n besigheid nie, maar met ’n geloof in mense. Meer as 25 jaar gelede het dr. Wilma Guest-Mouton ’n droom begin bou, nie net om mense op te lei nie, maar om hulle te help glo in hulle eie potensiaal. Sedertdien het haar maatskappy, Guest Resource Services, duisende mense bemagtig met vaardighede, selfvertroue en nuwe geleenthede. Sgter die sukses, die kwalifikasies en die groei is daar ’n vrou met ’n storie van visie, deursettingsvermoë en ’n diep passie om mense se lewe te verander.