Die akteur, Alvin Bruinders, bekoor gehore al jare lank met sy werk op televisie en die verhoog. Baie mense ken hom uit reekse soos Suidooster en ander produksies soos Vetkoekpaleis, Gautenge-e-leng en Molly en Wors, waar hy karakters met groot menslikheid vertolk. Weg van die kollig is daar ’n diep persoonlike storie van ’n pad van hoop, geloof en verlies.