Behalwe vir die rol wat ons gene en fisiologie speel, wat sommige van ons meer vatbaar maak vir vetstugtigheid, is daar ook verskeie omgewingsfaktore, soos kitskos, ultraverwerkte kos en drankies vol suiker. Ons praat met dr. Thinus Smit, ’n spesialischirurg met ’n fokus op bariatriese en metaboliese chirurgie. Hy praat oor obesiteitsriglyne en behandeling.