Deel 2: Ons gesels elke week met ‘n Suid-Afrikaner wat uitblink. Hy is die sagmoedige 26-jarige arbeidsterapeut wat onlangs die harte van kykers gewen het én as die groot wenner gekroon is van die gewilde werklikheidsreeks, Die Brug. Met sy deursettingsvermoë en rustige gees het Hirome Shigeaki daarin geslaag om die einddoel te bereik en die spel te wen.