Om 'n produktiewe en relatief stresvrye lewe te lei, het meer te doen met gesonde spysvertering as wat jy dalk besef. Natuuropaat en welstandsafrigter dr. Francois du Toit fokus spesifiek op die mikrobioom, probiotika, die biologie van 'n "gut feeling", en hoe dermgesondheid jou breinfunksie, geestesgesondheid en slaap beïnvloed. Hy praat oor hoe om die ingewande skoon te maak en te herstel, en watter indringers daar moeilikheid kan maak.