Van ’n enkele droom tot ’n wêreldwye beweging wat duisende vroue verbind. Die Women Riders World Relay is terug - groter, slimmer en meer inklusief as ooit tevore. Suid-Afrika is tans net agter Australië. Hierdie gaan oor baie meer as net motorfietse. Dis gaan oor vryheid, gemeenskap en vroue wat hulle plek vat op die pad én in die wêreld. Ons praat met Colette Howie, wat help om hierdie beweging in Suid-Afrika woema te gee.