Ons leef in ’n tyd waar ’n eenvoudige SMS, WhatsApp-boodskap of ’n “onskuldige” e-pos jou duisende rande kan kos. Hierdie slenters raak al slimmer, vinniger en moeiliker om raak te sien. Van bankbedrog en “phishing”, tot vals kompetisies en romantiese slenters - dis iets wat enigeen van ons kan tref. Ons praat met iemand wat hierdie wêreld van binne ken. Johan Hetzel, ’n kenner in finansiële misdaad en bedrog, sien daagliks hoe hierdie slenters werk, en hoe mense gevang word. Hy vertel watter slenters deesdae op die voorgrond is.