Intussen met EloiseIntussen met Eloise

Megan se missie

View descriptionShare
Megan Jonker se reis na die Mevrou SA-verhoog gaan nie net oor glans en kroontjies nie, maar oor geloof, veerkragtigheid en ’n mammahart wat al deur diep water is. Sy is ’n semifinalis vir Mevrou SA, maar agter haar glimlag lê ’n storie van moed. Haar dogtertjie leef al van net 20 dae oud af met ’n pasaangeër. Dis nie net hospitaalbesoeke en mediese uitdagings nie, selfs iets so gewoon soos skool toe gaan, was nie vanselfsprekend nie. Skole het haar dogtertjie nie altyd maklik aanvaar nie, en dit bring ’n ekstra laag seer en onsekerheid vir enige ouer se hart. Maar juis in daardie oomblikke kies Megan om op te staan, as ma, as stem vir haar kind, en as vrou wat hoop wil bring vir ander gesinne wat soortgelyke paaie stap. Ons leer Megan beter ken - die vrou, die ma, en die hart agter haar missie.
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

Intussen met Eloise

Meer inligting volg.
Social links
Recent clips
Browse 1,082 clip(s)