Julie is Mandela-maand, ’n tyd waarin ons herinner word dat klein dade ’n groot verskil kan maak. Klein besighede is dikwels die ruggraat van gemeenskappe, maar hulle het nie altyd die hulpbronne om hulle storie te vertel nie. Daarom vier Edge Communications hulle tiende bestaansjaar deur tien klein besighede gratis met bemarking- en kommunikasieondersteuning te help. Daleen Gouws, direkteur van Edge Communications, het die besonderhede.