Pediatriese pulmonoloog dr. Delano Rhoode gee raad oor kinderkwale. ’n Luisteraar wil weet of ’n baba met ‘n geperforeerde oordrom kan lê en bottel drink, en of die melk na binneoor kan vloei en ontsteking veroorsaak. Hoekom sou twee- tot driejariges woedebevliegings kry en gil en byt? Is die jaarlikse griepinspuiting ’n goeie idee vir kinders van 12 en 15?