‘n Enneagram is 'n persoonlikheidstelsel wat die menslike psige in nege afsonderlike, onderling gekoppelde, tipes karteer, wat kernmotiverings, vrese en onbewuste gedrag openbaar. Christo van Staden is ‘n ervare organisasie-ontwikkelingspraktisyn en ‘n transformasie-afrigter vir individue, pare, en spanne. Hy is ook ‘n Biodanza-fasiliteerder. Hy werk met die enneagram, die volwassene-groeiproses, en beliggaming deur musiek en beweging.