Wêreld Hartritme Week word van 2 Junie tot 8 Junie gehou. Hierdie jaarlikse wêreldwye veldtog is toegewy aan die bevordering van bewustheid oor hartritmestoornisse, die impak daarvan, en die belangrikheid van vroeë opsporing en behandeling. Die fokus is op die bevordering van begrip en bewustheid van hierdie versteurings, wat 'n persoon se gesondheid en welstand aansienlik kan beïnvloed. Eloise Cupido praat hieroor met Marisa Louw, 'n kliniese tegnoloog met 'n spesialiteit in kardiologie.