Volgens internasionale navorsing vind die meeste mishandeling van kinders nie deur vreemdelinge plaas nie, maar deur mense wat aan die kind of familie bekend is. Dit maak gesprekke oor vertroue, veiligheid en waaksaamheid besonder moeilik, veral wanneer daar geen duidelike waarskuwingstekens is nie. In een van die jongste uitgawes van Kuier deel Maria Jamneck haar verhaal oor haar seuntjie, Daniël, en die moeilike pad wat sy en haar familie die afgelope drie jaar gestap het.